Moo wrote:@year in the sun:
Geluk, dit is baie moeilik om 'n tweede taal aan te leer wanneer jy dit nie gereeld praat en hoor nie! Ek is altyd so bly wanneer Suid Afrikaners wat nie Afrikaans is nie, dink die taal is die moeite werd om te behou. So baie Suid Afrikaners kyk neer op Afrikaans of dink daaraan as die taal van Apartheid... maar dit is pragtig en ek is trots daarop!
heh. wel, die een kant van my familie was lankal in suid-afrika en heeltemaal engels (ek glo nou dat my ma of miskien my ouma afrikaner was, maar niemand het dit reguit gese in my kinderdae). en ek kan vir jou sweer dat afrikaans nie die
enigste taal van apartheid was nie, en dit was nie
net afrikaners wat rassisties was toe ek daar gewoon het nie. dit was miskien die taal waarin die wette geskryf was, maar so what? my ouma was engels-van-die-engelse en haar attitude was net lelik, byvoorbeeld. ek het niemand afrikaner geken die hele tyd dat ek daar was nie - ek kon amper nie in afrikaans gesels nie - en tenspyte van dit het ek het die attitudes van die tyd wel en goed gehoor. daar is vir my 'n bietjie denial daarin as iemand wil nou alles blameer op net een taal of net een volk. die engelse mense was nooit onbeskuldig nie.
dis snaaks maar ek is ook trots op die taal. dis nie myne nie, maar vir my is om wit suid-afrikaner te wees nie 'n vraag van engels-of-afrikaans nie. ek is suid-afrikaner, wat nooit dieselfde ding is as om kanadees of amerikaner te wees nie, en vir my is afrikaans 'n deel daarvan. en ek stem saam dat dit pragtig is

daar's soveel groot afrikaner gedigters vir so klein 'n population, het jy dit ooit opgemerk?
oor 'na' en 'na toe' . . . is dit miskien dat 'na' soos 'towards' is, en 'na toe' soos 'to' is?